Welkom by die Wêreld van die KLEIN KAROO
Dis natuurlik om begeer te word.
Om begeer te word vir gehalte.

Vir diens.
En beskikbaarheid.
Dit is natuurlik om die beste na te streef. Die beste in produkgehalte. Die beste in duursaamheid. Die beste in verkope en na-verkoopsdiens. Die beste om die wêreldmarkte te trotseer…
Die ideaal is om as maatstaf te dien – die maatstaf vir topgehalte volstruisprodukte. Die maatstaf vir tegniese prestasie. Die maatstaf vir voedselveiligheid. En die maatstaf vir internasionale volstruisuitvoere.
Dienslewering is wat tel: uitmuntende navorsing, innoverende bemarking, eenvormige en veilige produkstandaarde. Dienslewering die eerste keer en elke keer.
Ons prioriteit is om eerste te wees. Ons kliënte kom eerste. Ons aandeelhouers kom eerste. Ons werknemers kom eerste. Humane behandeling van diere kom eerste. Ons gemeenskap kom eerste. En u kom eerste.
Wêreldmarkte – plaaslik en oorsee – is ons speelveld.
Die naam van die spel is topgehalte, waarde-toegevoegde volstruis-, lam-, saad- en vrugteprodukte.

KLEIN KAROO Groep van Maatskappye
Oudtshoorn, Suid-Afrika
KLEIN KAROO Koöperasie
’n Beleggings- en beheermaatskappy vir landbouverwante bedryfsondernemings met meer as 1 250 lede. Versekerings- en Afslaersdienste.
KLEIN KAROO Internasionaal
Waarmerk van gehalte volstruisleer
Natuurlike. veelsydige volstruisvere
Gesonde en smaaklike volstruisvleis
KLEIN KAROO Saad Beheermaatskappy
Gehalte sonder gelyke
Wêreldklas groente-, weiding- en blomsaad
KLEIN KAROO Vrugteverpakking en -Bemarking
Topgehalte vars steenvrug-uitvoere
KLEIN KAROO Agri Supermarkte
’n Diens aan ons lede deur uitmuntende Agri supermarkte en ‘n hervul-diensstasie. Landbou- en omgewingsbestuur asook ontspanningsprodukte wat sensitief is vir alle omgewings-, ekonomiese en maatskaplike belange.
KLEIN KAROO Versekerings- en Afslaersdienste
