Klein Karoo
Klein Karoo Group
Klein Karoo
Marketing
Klein Karoo Leather
Feathers & Eggs
Meat
Meat
Fruit
Klein Karoo Trade
Showroom
Research
 
 

 Search:  

    Nuus    Weer    Wisselkoers   English  
 

Aan: Alle belanghebbendes

 

Van: Johan Stumpf – Besturende Direkteur: KKI

______________________________________________________________________

 

Nuwe horisonne vir Dr. Willem Burger

 

Dit is met spyt dat KLEIN KAROO International (KKI) die bedanking van Dr. Willem Burger as Hoofbestuurder: Navorsing en Ontwikkeling aankondig.  Willem het besluit om ‘n geleentheid in ‘n ander bedryf te benut.  Hy was reeds sedert 1997 in die KLEIN KAROO Groep van Maatskappye werksaam.

 

In lyn met KKI se toegewydheid om die bedryf in geheel te bevorder deur op die voorpunt van ontwikkeling te wees, is daar met Willem onderhandel om ‘n oplossing te vind waar die bedryf nog in die toekoms nog op sy kundigheid kan staatmaak.  Die instandhouding van die internasionale netwerk sal dus deurlopend prioriteit aandag geniet.

 

Soos die meeste besighede wêreldwyd, moet KKI ook sy huidige kostestrukture evalueer, en waar nodig, dit in lyn bring met die moeilike ekonomiese toestande.  In die lig hiervan is besluit om nie die pos van Hoofbestuurder: Navorsing en Ontwikkeling te vul nie, maar eerder die pos van Dr. Adriaan Olivier te verbreed om die mees kritiese funksies van hierdie pos oor te neem.  KKI wens vir Adriaan geluk en sterkte toe met die nuwe uitdaging.

 

KKI se bestuur sal die situasie oor die volgende 12 maande evalueer.  Om kontinïuteit te verseker, is dit aangenaam om aan te kondig dat daar suksesvol ‘n deeltydse kontrak met Willem beding kon word vir hierdie tydperk. 

 

Willem sal tot einde Februarie 2010 op ‘n deeltydse basis vir KKI beskikbaar wees ten einde sekere projekte af te handel.  Verder sal Willem ook as ondersteuning vir Adriaan beskikbaar wees in die geval van ad-hoc situasies wat mag onstaan.

 

KKI wens hiermee vir Willem sterkte toe met sy nuwe uitdagings, en glo dat hy die uitstekende werk wat hy in die volstruisbedryf verrig het, sal voortsit in sy nuwe rol.

______________________________________________________________________

 

NAVRAE: JOHAN STUMPF BY 044 203 5234 of 076 243 3994

 

 

Paris is tuis met volstruis  

Die internasionale glanspersoonlikheid, Paris Hilton spog die afgelope week op internasionale webtuistes met haar nuwe vere. Sy pronk trots met die twee Klein Karoo volstruisboas wat verlede week deur die kinders van die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria aan haar geskenk is. ..... lees meer



Lady eet al vir 22 jaar net  volstruisvleis
Die gesondheidswaarde van die Klein-Karoo se volstruisvleis dra beslis nie net by tot ’n gesonder lewe vir mensekinders nie. Daarvan kan Lady getuig. Lady is volgens haar veearts, dr. Gelen Carlilse die oudste kat in Oudtshoorn. ..... lees meer