10 Junie 2009 Geagte Aandeelhouers VERHANDELING VAN KLEIN KAROO International Bpk (KKI)-AANDELE Ingevolge die bepalings van die KKI-statute mag KKI-aandele met ingang 1 Julie 2009 verhandel word. Barnard Jacobs Mellet (BJM) is deur die KKI-Direksie aangestel as makelaar en sal hierdie firma, bo en behalwe die hantering van koop- en verkooptransaksies, u ook bystaan met kundige advies. Op die ingeslote skrywe kom die kontakpersone se besonderhede voor. Neem asseblief kennis dat alvorens u aandele sou wou koop of verkoop, u eers as ‘n rekeninghouer by gemelde instansie moet registreer en sal sekere FICA dokumente aan hulle voorsien moet word. Dit sal in u eie belang wees om hierdie registrasieproses maar so gou moontlik in plek te kry. Indien u enige verdere inligting sou verlang, is u welkom om my te skakel – ons help graag. Vriendelike groete JOHAN SCHOEMAN |